Meisie vertel hoe sy skoolskietery in Texas oorleef het

‘n Wonderbaarlike storie van oorlewing het aan die lig gekom toe ‘n elf-jarige meisie verduidelik het hoe sy die dood vrygespring het by dié week se dodelike skietery by ‘n skool in Texas. Miah Cerrillo se gesin beskryf hoe sy bo-op ‘n beseerde klasmaat gelê en die meisie se bloed op haarself gesmeer het om dood te lyk. Die getraumatiseerde meisie het egter eers 911 geskakel vanaf die selfoon van haar onderwyseres, Eva Mireles, wat voor haar oë doodgeskiet is. Intussen neem woede toe omdat dit ‘n uur geneem het voor wetstoepassers die gebou binnegegaan en die aanvaller, Salvador Ramos, doodgeskiet het.