Reuse-eise verwag na orkaan Ian verwoesting saai

Amerikaanse versekeraars maak hulle gereed vir reuse-eise van tussen 28 miljard en 47 miljard Amerikaanse dollar ná orkaan Ian. Florida, Noord- en Suid-Carolina probeer vandag herstel van die vernietiging wat orkaan Ian aangerig het. Orkaan Ian het die lewens van meer as 20 mense geëis en tientalle miljarde dollar se skade aangerig. Dit kan die duurste Florida-orkaan wees sedert orkaan Andrew in 1992. Volgens die Nasionale Orkaan-sentrum is Ian nou ‘n post-tropiese sikloon wat besig is om te verswak, maar nog steeds haglike weerstoestande vir dele van die Carolina’s, Virginia en Wes-Virginia vir vandag voorspel.