Respiratoriese virus onder SA-kinders wek kommer

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika waarsku daar mag ‘n toename wees in ‘n respiratoriese virus, wat ernstige longinfeksies in babas, ouer volwassenes en mense met ernstige mediese probleme kan veroorsaak. Die instituut sê die respiratoriese sinsitiaal-virus is opgemerk in 32 persent van kinders onder die ouderdom van vyf wat in hospitale opgeneem is. Die pulmonoloog, Emmanuel Taban, verduidelik die simptome van ‘n gewone verkoue en die virus stem baie ooreen: