Woude, graslande, bosvelde neem af in Namibië

Die Namibiese minister van die omgewing, Pohamba Shifeta sê daar is kommer oor die stand van die land se graslande, woude en bosvelde. Hy sê die ekostelsels beslaan ongeveer 19 000 vierkante kilometer van die land maar, het sedert 1975 met 6 persent afgeneem. Woude is veral belangrik in die land, nie net vir lewensbestaan nie maar ook vir voedsel en tradisionele medisyne. Op die oomblik word die bronne oorbenut. Dit is ook nie net hout wat gekap word vir wettige en onwettige uitvoere nie maar ook bome wat afgekap word rondom nedersettings vir vuur, omdat daar geen elektrisiteit is nie. Oorbeweiding en herhaalde droogtes speel ook ‘n rol.