Pous sê jammer oor Kanada se kerk-skole

Pous Franciskus het inheemse mense om verskoning gevra vir die mishandeling in kerk-skole in Kanada. Verskeie ondersoeke oor die voormalige Katolieke koshuis-skole word regoor Kanada gedoen, ná die ontdekking van ongemerkte massa-grafte. Meer as 4 000 kinders word blykbaar vermis. Die 85-jarige pous het by die Vatikaan met oorlewendes van die Eerste Nasies, Metis- en Inuitgroepe vergader.