WEF stel Davos uit

Die Wêreld Ekonomiese Forum het sy jaarlikse vergadering volgende maand in Davos, Switserland, uitgestel, weens die vinnige verspreiding van die Covid-19 Omikron-variant. Davos het van gister af soos die res van Switserland strenger Covid-19-maatreëls ingestel en mense wat nie ingeënt is nie, verbied om openbare gebiede te besoek, insluitend die bywoning van groot geleenthede. Die stigter van die WEF, Klaus Schwab, sê deelnemers gaan ‘n reeks sessies oor die stand van die wêreld bywoon om te fokus op oplossings vir die wêreld se knellendste probleme.