Rehoboth se straatligte kry die week aandag

‘n Lid van Rehoboth se bestuurskomitee Justin Coetzee het gereageer op klagtes van inwoners dat stukkende straatligte woonbuurte onveilig maak. Daar word gemeen dat donker gebiede brandpunte van misdaad is en inwoners is bang om saans in die donker te loop, al is hul soms genoodsaak. Coetzee sê die kwessie geniet die week aandag.