Die Swakoprivier loop weer

Die Swakoprivier kom weer af en loop al sterk by Goanikontes. Volgens berigte kan vragmotors nie deurgaan vanaf die Arandis-pad na Goanikontes toe nie. Vragmotorbestuurders word aangeraai om liewer die D1991-pad deur die woestyn na Goanikontes te gebruik. Meer inligting volg later.