Regering het verskeie maatreëls in plek om Covid-gevalle te verminder

Die Namibiese regering het verskeie maatreëls en openbare gesondheidsregulasies in plek om Covid-gevalle te verminder. Die weermag het die polisie gehelp om deel van patrollies te wees om te verseker dat maatreëls gehoorsaam word. Nou dat Covid-gevalle afneem en maatreëls verslap is, het die verdedigingsminister, Frans Kapofi, aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die weermag is steeds deel van patrollies, maar in ‘n mindere mate.