Lekker rugby vanoggend

Rugby: Daar is baie op die spel vir die Springbokke wanneer hulle vanoggend in die tweede Kampioenskapskragmeting teen Australië uitdraf. Indien hulle weer teen die Wallabies verloor, is hulle kans om vanjaar se titel te wen én moontlik ook hulle plek boaan die wêreld-ranglys daarmee heen. Die Bokke beklee sedert hulle Wêreldbeker-oorwinning in 2019 die eerste plek. As die Springbokke vandag verloor en Nieu-Seeland klop Argentinië met meer as 15 punte, steek die All Blacks hulle verby. Die afskoptyd vir vanoggend se wedstryd is 9:05 Namibiese tyd.