Reël 108-aansoek in mosiehof vat huis vir N$40 000 se skuld

Die mosiehof het vanoggend 146 aansoeke vir verstekvonnisse gehad en die sessies, wat in drie gedeel is, is deur regters Thomas Masuku, Orben Sibeya en Harold Geier hanteer. Sewentig aansoeke is deur kommersiële banke gebring waar daar vyf voertuie opgeëis is en verskeie ander lenings. ‘n Totaal van 39 onbetaalde lenings met ‘n waarde van 4,23 miljoen Namibiese dollar is geëis en 26 eiendomme met uitstaande skuld van 47,2 miljoen dollar is teruggevra. Uit die 13 reël 108 aansoeke was tien deur banke gebring en in een geval is ‘n huis in Rehoboth opgeëis vir skuld van 40 000 dollar. In Maandag se sessie voor regter Collins Parker, is daar 39 onverdedigde egskeidings.