Moslems in Angola soek erkenning

Die nuwe president van die Islamitiese Raad van Angola wil Moslems in Angola verenig. Sheikh Altino da Conceição Miguel Umar van die raad wil Islam as ‘n geloof in Angola laat erken om skole, hospitale en weeshuise vir Moslems in Angola te bou. Ondanks die gebrek aan erkenning, leef Moslems in vrede saam met die Christen-meerderheid. Professor Farid Esack, van die Universiteit van Johannesburg se departement van geloofstudies, praat met Kosmos 94.1 Nuus.