Reeksmisdadiger kry tien jaar tronkstraf

Die hooggeregshof in Pretoria het ‘n reeksmisdadiger gevonnis tot tien jaar gevangenisstraf vir diefstal. Desiree Williams is in Oktober skuldig bevind aan diefstal van goedere in ‘n winkel. Sy het haar misdaad beken en in die hof skuld erken op ‘n aanklag van diefstal. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjana, sê hulle verwelkom die vonnis en is dankbaar oor die ondersoekbeampte by die Sinoville-polisiestasie se harde werk en toewyding.