Gemeenskappe langs noordoostelike riviere meen NDF beskerm wildlewe, nie menselewens

Volgens ‘n verslag van die staande komitee oor binnelandse sake en sekuriteit wat in die Nasionale Raad ter tafel gelê is, bly die teenwoordigheid van die Namibiese weermag langs die riviere van die Chobe, Kwando en Linyanti, ‘n raaisel. Gemeenskappe langs die riviere meen die weermag beskerm eerder wildlewe as menselewens. Die ondersoek spruit voort uit die voortdurende intimidasie van gemeenskappe langs die rivier deur die Botswana-weermag. Volgens die verslag word Namibiese soldate in nedersettings gesien, maar nie waar hulle langs die rivier patrollies doen nie.