Reddingswerkers in Nepal gebruik hommeltuie

Reddingswerkers in Nepal gebruik hommeltuie om nog twee passasiers te soek waarvan geen rekenskap gegee kan word na Sondag se vliegtuigongeluk by Pokhara nie. Minstens 70 mense is in die ongeluk dood. ‘n Onherbergsame terrein en swak weerstoestande verhinder soekspanne in hul taak. Lede van die soek- en reddingspanne word met toue in ‘n rafyn afgesak waar dele van die wrak geval het. Die vlugopnemers is reeds gevind.