Rugby: Clermont dank sy hoof-afrigter af

Rugby: Die sukkelende Franse span, Clermont het hul hoof-afrigter Jono Gibbes afgedank, net voor hulle na Suid-Afrika reis. Die vernederende nederlaag vir Clermont van 44-29 tuis in die Kampioene-beker teen Leicester was glo die laaste strooi vir die Nieu-Seelander. Die 45-jarige Gibbes pak sy goed ná minder as twee jaar in beheer, met die twee-malige Franse kampioen wat in die tiende plek in die Kampioene-beker spartel. Clermont pak die Stormers Saterdag in Kaapstad. Die voormalige Ierse senter, Jared Payne is die tussentydse afrigter.