Afriforum begin met regsoptrede teen Eskom

AfriForum het met regsoptrede teen Eskom begin om inligting te bekom oor die omstrede kontrakte van die kragvoorsiener. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Reiner Duvenhage, sê die groep het ʼn aansoek op Eskom bedien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Hulle dring aan op inligting oor aktiewe kontrakte met verskeie diensverskaffers, wat verskaffers van steenkool en vervoermaatskappye insluit. Duvenhage sê in Eskom se antwoord is sleutel-inligting weerhou.