Reddingsboeie word minder na Air Namibia

Volgens die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi is daar vordering in die voortgesette hervorming van Namibië se openbare ondernemings. Daar is volgens hom ‘n afwaartse neiging in reddingsboeie wat aan die ondernemings gegee is. Dit is meeste te wyte aan die bankrotskap van Air Namibia wat miljoene dollar jaarliks nodig gehad het om te oorleef. ‘n Totaal van net meer as 790 miljoen dollar is aan openbare ondernemings toegeken in die jongste begroting, met 175 miljoen dollar aan TransNamib wat groot uitdagings het. Volgens Shiimi is die bedrag toegeken om die maatskappy se ambisies by te staan met kapitaal in samewerking met die ontwikkelingsbanke van Suider-Afrika en Namibië. Die hervorming van openbare ondernemings is ook reeds ver gevorderd en die beleid is tans by die Namibiese kabinet vir oorweging.