Proteas behou die oorhand in Nieu-Seeland

Die Proteas het hulle ondersteuners weer trots gemaak deur Nieu-Seeland tot 157 vir vyf aan die einde van die tweede dag van die tweede toets in Christchurch te beperk. Suid-Afrika het vandag op 238 vir drie hervat en sy telling tot 364 almal uit opgeskuif. Kagiso Rabada het die openingskolwers van die Black Caps, Tom Latham en Will Young, uitgehaal, terwyl Marco Jansen vir Devon Conway en Henry Nicholls laat terugstap het. Dit het die gashere met ‘n agterstand van 207 lopies gelaat. ‘n Laat poging deur Colin de Grandhomme en Daryl Mitchell het die Kiwi se probleme effens versag, maar die Proteas het steeds die oorhand.