Recon wil nog 12 putte boor

ReconAfrica het te kenne gegee dat hy aansoek sal doen vir ‘n omgewingsklaringsertifikaat om nog 12 putte te boor in sy PEL 73-eksplorasie gebied. Die maatskappy sê die aansoek sal ook toestemming vra vir ondersteunende infrastruktuur wat ook toegangspaaie en meer insluit. Risk-Based Solutions hanteer die openbare kennisgewing namens die Kanadese olie-reus en vra dat belanghebbendes en lede van die publiek wat wil registreer as partye die maatskappy moet aanmeld voor 16 Desember. Die maatskappy het onlangs teleurstellende uitslae gehad en sy aandeelprys het na die aankondiging getuimel na net 1 Amerikaanse dollar 41 sent, af van ‘n hoogtepunt van amper 10 Amerikaanse dollar in 2021.