‘n Appel ‘n dag… nou, van Stampriet!

Stampriet se Roots-landbouprojek in die Suide se appel-projek gaan van krag tot krag. Dit is die heel eerste ooit kommersiële appelboord in Namibië en produseer appels in verskillende groottes, asook ander vrugte en vars produkte. Dr. Johan Rieckert, uitvoerende hoof van die Roots Landboukollege by die Roots-ontwikkeling, sê dat hulle oor twee weke gaan begin appels oes. Hulle sal onder meer appelsap en -asyn maak en verskeie appelprodukte sal in Pick n Pay-winkels landwyd beskikbaar wees. Die doel van die appelprojek is om nie meer appels vanuit verskillende lande in te voer nie.