Stadspolisie-hoof sê oor tariewe

Die Windhoekse Stadspolisie gaan vanaf 1 Januarie 2023 tariewe hef vir sekere dienste wat insluit polisiebegeleiding en bystand tydens geleenthede. Individue en organisasies sal ook voortaan moet opdok vir versoeke vir ongeluksverslae, beeldmateriaal van kringtelevisie, sowel as verklarings wat verkry moet word van klaers, slagoffers of getuies. Die hoof van die Windhoekse Stadspolisie, Abraham Kanime sê aan Kosmos 94.1 Nuus die volledige lys van al die dienste en hul onderskeie tariewe is op die Windhoekse munisipaliteit se webtuiste beskikbaar.