Reaksie op wysigings aan Suid-Afrika se Koolstofbelastingwet

Suid-Afrika se nasionale tesourie het wysigings aan die Koolstofbelastingwet gepubliseer. Die regulasies maak voorsiening vir die kriteria vir koolstofneutraliteitsprojekte. Die Tesourie sê in ‘n verklaring voorleggings van die publiek is by die nuwe regulasies geïnkorporeer. Die hoof van sakeontwikkeling by Economic Development Solutions, Eckart Zollner, sê die belastingvrye toelaag vir koolstofneutrale projekte help ondernemings om hulle koolstofvrystellings en -belastingverpligting te verminder deur in koolstof-arm projekte te belê. Dr. Peter Cunningham, ‘n Namibiese ekoloog het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.