Tristan de Lange onttrek aan padfietsresies by die Olimpiese Spele

Tristan de Lange van Namibië kon nie die 234 km padfietsresies by die Olimpiese Spele in Japan voltooi nie. Hy is een van ‘n groep internasionale ryers wat onttrek het. De Lange was betrokke in ‘n inhaalpoging, maar het daarna teruggeval en het uit die wedren onttrek met nog 122 km oor.