Duhan van der Merwe draf vandag vir die Britse en Ierse Leeus uit

Duhan van der Merwe se gesin en die inwoners van sy tuisdorp George in die Suid-Kaap kom vandag voor ‘n moeilike keuse te staan wanneer die vleuel vir die Britse en Ierse Leeus uitdraf in die eerste toets teen die Springbokke in Kaapstad. Hy het in 2013 aan die Hoërskool Outeniekwa matriek geskryf. Daarna het hy vir die Blou Bulle en Blitsbokke gespeel voordat hy na Skotland is waar hy op die internasionale rugbytoneel beland het. Van der Merwe se ouers en suster woon steeds op George.