Reaksie op Nam as 3rde rykste Afrika-land

Reaksie word ontvang op die jongste Afrika-rykdomverslag wat toon dat Namibië die derde rykste land op die vasteland is. Maar, met soveel arm inwoners sonder voldoende behuising of werk, moet dit aandui dat Afrika uiters arm is. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Charles Sinkala, ‘n kenner in die Afrika-sake oor sy mening in die verband gepraat.