Een Brit dood, een vermis in Oekraïne

Die Britse regering het bevestig ‘n burger van die land is in Oekraïne dood en nog een word vermis. Die twee het glo vir die Oekraïnse weermag teen die Russiese inval geveg. Die Departement van Buitelandse Sake het nie meer inligting gegee nie, maar sê hy ondersteun die families. Daar word berig die Britse regering het vroeër burgers gemaan om nie na Oekraïne te reis om by die oorlog aan te sluit nie, maar om eerder die land op ander maniere te steun.