Eksplorasie in Oranje-bekken neem toe

Dit wil voorkom asof eksplorasie in die Oranje-bekken aflandig van Namibië in die verre Suide toeneem. Dit volg na die rekord oliereserwes wat TotalEnergies aangekondig het met ongeveer 13 miljard vate in die bron, sowel as die ongeveer 3 miljard vate wat Shell na-aan TotalEnergies se Venus-put ontdek het. Openbare vergaderings word op 11 en 13 Mei op Lüderitz en Oranjemund gehou na aanleiding van Searcher Geodata in die Verenigde Koninkryk wat aansoek wil doen vir ‘n omgewingsklaringsertifikaat om 3D-seismiese opnames in sewe blokke wil doen. Rolspelers en belanghebbendes kan ook registreer as partye wat belange het in die beplande eksplorasie.