Reaksie op hersiening van beslagleggingsbevele word verwelkom

Reaksie word ontvang op die kabinet se beslissing dat wetgewing in verband met primêre wonings en beslagleggings in die mosiehof, hersien moet word. Weekliks word eiendom terug gevat, somtyds vir ‘n baie klein uitstaande bedrag en die regering wil hê die lynministerie en die prokureur-generaal moet die kwessie aanspreek. Tuhafeni Hangula, ‘n aktivis van die Affirmative Repositioning-beweging het sy mening so verwoord.