Verstappen werk saam met Netflix

Formule Een-wêreldkampioen Max Verstappen sê hy is nou gereed om met die Netflix dokumentêre reeks ‘Drive to Survive’ te werk nadat hy vroeër van die hand gewys het omdat hy blykbaar nie gehou het van die manier waarop die hoofrolspelers uitgebeeld is nie. Die renjaer sal nou vir die vyfde en sesde seisoene meer betrokke raak. Hy sê sy insette is deur Netflix in ag geneem.