Ray Jennings speel vir Leeus 

Krieket: Die seun van die gewese Suid-Afrikaanse nasionale speler en afrigter, Ray Jennings, speel vir die Engelse Leeus in volgende week se vierdaagse opwarmings-wedstryd teen die Proteas in Canterbury. Keaton Jennings het tussen 2016 en 2019 17 toetse vir sy aangenome land gespeel en 781 lopies aangeteken. Sam Billings sal die span aanvoer wat afgerig word deur die nasionale span se hulp-afrigter en voormalige Engelse toetsspeler, Paul Collingwood. Die wedstryd is  voorbereiding vir Suid-Afrika se reeks van drie toetse teen Engeland wat op 17 Augustus op Lord’s in Londen begin.