Ramaphosa prys mynbedryf vir inentingsteun

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die mynbedryf bedank vir sy geldelike en logistieke steun vir Suid-Afrika se Covid-inentingsprogram. Aan die begin van die maand was meer as 75 persent mynwerkers ten volle ingeënt, en 66 persent gedeeltelik ingeënt. Ramaphosa het op die Mynbou-indaba in Kaapstad gesê die mynbedryf het ook sy verantwoordelikheid getoon teenoor die gemeenskappe waarin hy werk.