Vryheidstrydkinders hou optog na parlement

Sowat 75 Vryheidstrydkinders het vandag ‘n optog na die parlement gehou waar hulle ‘n petisie aan die eerste minister Saara-Kuugongelwa Amadhila oorhandig het. Hulle eis vir werksgeleenthede en sê dat die huidige arbeidsmark teen hulle diskrimineer. Die groep, wat bestaan uit Angolese en Suid-Afrikaanse lede, kamp al vir sewe jaar op die plaas Ndilimani by Brakwater, en sê hulle word as onwettige burgers hanteer. Hulle sê hulle staar talle uitdagings in die gesig, soos 27 van hul lede wat gesterf het.