Klimatoloog en landboukundige is 2022 Wêreldvoedselpryswenner

‘n Klimatoloog en landboukundige, Cynthia Rosenzweig, is aangewys as die 2022 Wêreldvoedselpryswenner. Sy het baanbrekerswerk gedoen oor hoe die uitwerking van klimaatsverandering voedselproduksie wêreldwyd gevorm het. Die voormalige boer is erken vir haar leidende rol in wêreldwye wetenskaplike samewerking om die metodologie en data te vervaardig wat besluitnemers regoor die wêreld gebruik. Rosenzweig sê klimaatsverandering kan nie beperk word sonder om aandag aan voedselstelsel-vrystellings te gee nie. Sy glo ook voedselsekerheid kan nie aan almal verskaf word sonder veerkragtigheid teen die toenemende klimaats-uiterstes nie.