Ramaphosa paai Vrystaters

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het inwoners van die Vrystaat die versekering gegee die regering neem hulle bekommernisse ernstig op. Ramaphosa het duisende mense in die Dr Petrus Molemela-stadion in Mangaung tydens ‘n presidensiële imbizo toegespreek. Inwoners kla oor swak dienslewering met swak paaie, watertekorte, ‘n hoë misdaadsyfer en werkloosheid. Die president sê die imbizo sal die regering help om die voldoende en volhoubare lewering van basiese dienste te verseker.