Macron veg om oorlewing in Franse verkiesing

Kiesers in Frankryk trek vandag hulle kruisies in die eerste ronde van die land se presidensiële verkiesing. Peilings toon President Emmanuel Macron se voorsprong oor sy hoofuitdager, die verregse kandidaat, Marine Le Pen, het erg gekrimp. Die verkiesingsveldtog is oorskadu deur die oorlog in Oekraïne, maar vir baie kiesers is die hoë lewenskoste die belangrikste kwessie.