Geen slaggat in Rundu se strate herstel nie

Die uitvoerende hoof van die Paaiefonds-administrasie, Ali Ipinge, sê nie een slaggat is in Rundu se strate sedert Januarie reggemaak nie, ondanks die bydrae wat die fonds aan die Rundu-dorpsraad gegee het om die paaie in stand te hou. Die fonds ondersteun meer as 57 plaaslike owerhede in die land en 14 streeksrade landwyd om paaie te onderhou. Ipingi sê hy is in ‘n toestand van depressie nadat die kontrakteur en raadgewende ingenieur al vir vier maande in diens is en deur die fonds betaal word. Kavango-Oos se goewerneur, Bonifatius Wakudumo, het gemaan dat mense hul werk moet doen.