Ramaphosa oor die ANC

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê die party het goeie en slegte tye oorleef. Hy het ‘n virtuele toespraak by die verkiesingskonferensie van die party in die Noord-Kaap gelewer. Ramaphosa het ‘n beroep op die provinsiale uitvoerende komitee gedoen om deur te druk met die hernuwingsagenda, en eenheid en transformasie in die ANC te bevorder. Sonder om die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, by name te noem, het hy ‘n beroep gedoen vir minder verdraagsaamheid vir gedrag wat teen die kultuur van die ANC indruis.