Boris Johnson trou vir die derde keer

Die Britse Eerste Minister Boris Johnson is volgens berigte uit Londen gister in die geheim met Carrie Symonds getroud. Net 30 mense het die geleentheid glo bygewoon en volgens nuusagentskappe is dit in die Westminister katedraal voltrek. Dit is Johnson se derde huwelik.