Ouers word gemaan om betrokke te raak by hulle kinders se digitale lewens

Die Film- en Publikasieraad in Suid-Afrika gaan 20 gemeenskappe en skole in die buurland besoek om groter bewustheid tydens Kinderbeskermingsweek te kweek. Die raad beplan van vandag af ‘n reeks slypskole in Limpopo, Mpumalanga en die Wes-Kaap. ‘n Woordvoerder, Lynette Kamineth, sê die onlangse geval van afknouery wat oral op sosiale media versprei is en tot die selfdood van ‘n tiener van Limpopo aanleiding gegee het, is ‘n skrille wekroep vir ouers, onderwysers en versorgers om meer by hulle kinders se digitale lewens betrokke te raak.