Ramaphosa gesels met Zelensky oor graan
Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het ‘n oproep met Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa as “lank en suksesvol” beskryf. Ramaphosa het nog geen aankondiging oor die oproep gemaak nie. Volgens Zelensky se kantoor het Ramaphosa saamgestem oor die behoefte om voort te gaan met die uitvoer van Oekraïnse graan, wat van kritieke belang is vir die wêreld se voedselsekerheid. Zelensky het Suid-Afrika genooi om deel te neem aan ‘n beraad oor die Grain from Ukraine-inisiatief. Intussen het Rusland belowe om lande, insluitend Zimbabwe, ‘n groot hoeveelheid gratis graan te stuur onder sy Swart See-inisiatief. Dit beloof om die streeksgraanmark, waar Suid-Afrika ‘n sleuteluitvoerder is, te ontwrig.