R51 miljard aan Eksom geskuld, hy werk daaraan

Eskom sê hy werk saam met die Nasionale Tesourie en die Departement van Openbare Ondernemings om ‘n werkbare oplossing te vind vir die totale uitstaande munisipale skuld van meer as 51 miljard Suid-Afrikaanse rand. Dit volg op die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, se pleitdooi om skuldafskrywing vir infomele nedersettings en hostelle sodat townships ontwikkel kan word. Hy het die minister van finansies, Enoch Godongwana, gevra om Soweto se skuld van 5 miljard rand aan Eskom af te skryf. Lesufi sê townships, informele nedersetting en hostelle moet herposisioneer word.