Sri Lanka se inflasie daal tot 66%

Indien jy beswaard is oor die plaaslike inflasiekoers van 7,1-persent in September, hier is nuus om jou gemoed te lig. Inflasie in die krisisgeteisterde Sri Lanka het vir die eerste keer in 12 maande ietwat gedaal, maar pryse is steeds 66 persent hoër as ‘n jaar gelede. Die eilandnasie van 22 miljoen mense is al maande lank in ʼn ernstige ekonomiese wurggreep weens buitengewone ekonomiese teenspoed as gevolg van ernstige tekorte aan noodsaaklike items, insluitende voedsel, brandstof en medisyne. Die inflasiekoers vir Oktober was bykans vier persentasiepunte laer as die rekord van 69,8 persent in September. Voedselinflasie het in Oktober tot 85,6 persent verlangsaam.