Landbou: Uitdagings, ja, geleenthede, ook ja

Terwyl die landbouminister Calle Schlettwein sy kommer uitgespreek het oor waardetoevoeging in die sektor, sê die Namibiese Landbou-unie daar is baie goeie verwikkelings in die bedryf. Die ontwikkeling van buitelandse markte is uiters positief. Die bedryf, wat 60 persent meer produseer as wat plaaslik verbruik word, is afhanklik van uitvoermarkte en met die heropening van die Farmers’ Meat Market skaapabattoir op Mariental deur Hartlief, sowel as die verdubbeling van slagkapasiteit van die Beefcor beesuitvoerabattoir naby Okahandja en die nuwe Savanna Beef-projek van Mecki Schneider, blyk die toekoms om rooskleurig te wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landbou-kenner Wallie Roux gesels.  

Kleinvee-produsente het ook uitdagings gehad en die planne vir Mariental is uiters belowend.