‘R. Kelly is soos Martin Luther King’ – prokureur

Die regsverteenwoordiger van die Amerikaanse sanger R. Kelly het sy kliënt vergelyk met Martin Luther King Jr., en sê albei mans het die regering aanspreeklik gehou. Deveraux Cannick het die kommentaar gemaak in sy finale argument in die hof in New York. Die saak het afgesluit en die jurie delibereer. Cannick het hulle gemaan om braaf te wees. Verskeie getuies het die hof vertel van hoe Kelly hulle ontneem het van enige beheer oor hulle lewe en selfs beheer gevat het oor wanneer hulle eet, slaap en meer. Hy word daarvan beskuldig dat hy minderjariges uitgebuit het en seksueel misbruik het. Hy het ook die dade op video vasgelê. Kelly, 54, het onskuldig op al die klagte gepleit.