Hamilton hoop vir 1ste in Sotchi

Die Formule Een-kampioen, Lewis Hamilton, sal die naweek in die Russiese Grand Prix in Sotchi elke voordeel benut wat hy kan vind in sy poging om ‘n rekord van honderd seges op te stel. Hy hoop om ook weer die voortou te neem in die kampioenskapskompetisie. Hamilton kon sedert die omstrede Britse Grand Prix in Julie nog nie ‘n weddren wen nie. Sy mededinger om die titel, Max Verstappen van Red Bull, is met drie plekke gestraf in die wegspring weens die botsing met Hamilton in die Italiaanse Gand Prix. Mercedes is 18 punte vóór Red Bull in die vervaardigerskompetisie en hoop om die voorsprong die naweek te vergroot.