Behou die rooilyn – UDF

Die UDF-party se president, Apius !Auchab het ‘n beroep op die regering gedoen om die veterinêre kordonheining in plek te hou. Sy aanmerkings volg op die hofsaak wat deur die Affirmative Repositioning-beweging se Job Amupanda gebring word om die rooilyn te verwyder. !Auchab sluit hom aan by kenners in die landbou dat uitvoere onmiddellik gestaak sal moet word omdat siektes soos bek- en klouseer regoor die land sal versprei. Die president van die PDM, McHenry Venaani, het vroeër gesê dat as die rooilyn verwyder moet word, moet dit op so manier gedoen word dat die land sy bek- en klouseer-vrye status kan behou. Venaani besit volgense berigte grond in die Omaheke-streek. !Auchab sê die kwessie moet nie verpolitiseer word nie. Amupanda het gesê die rooilyn is soos apartheid en kom uit die koloniale tyd uit.