Putin besoek (blykbaar) Mariupol

Die Russiese president, Vladimir Putin, het die naweek ‘n verrassingsbesoek aan die onlangs besette Mariupol-gebied in Oekraïne gebring. Die besoek was volgens berigte om die negende herdenking te vier van Moskou se besetting van die skiereiland en volg net dae nadat die internasionale strafhof ‘n lasbrief vir Putin se inhegtenisneming uitgereik het. Putin het deur verskeie distrikte van die stad in die Donetsk-streek gereis, met inwoners gepraat en met top-militêre bevelvoerders vergader. Oekraïne sê meer as 20 000 mense is in Mariupol dood. Geen van die beeldmateriaal wat deur Russiese owerhede verskaf was, kon geverifieer word nie.