Jagtrofees in Brittanje: Napha sê koeël is deur die kerk

Die Namibiese Professionele Jagters-vereniging, Napha, het sy reaksie gegee oor Britse parlementslede in die laerhuis wat die hoogs betwiste wetsontwerp oor die invoer van jagtrofeë na Brittanje, goedgekeur het. Die hoë kommissarisse van Namibië, Suid-Afrika, Zambië en Botswana, as deel van die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied, Kaza, het ‘n brief oor volhoubare jag aan die Britse parlement geskryf. Hulle skryf sonder die inkomste van trofeejag sal gemeenskappe hulle tot wildstropery wend. Die wetsontwerp is nou na die Britse hoërhuis vir goedkeuring verwys, maar die president van Napha, Axel Cramer, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die koeël is deur die kerk.