Red Bull maak twee-een klaar in Saoedi

Sergio Perez van Red Bull het sy spanmaat Max Verstappen, wat in die 15de plek weggespring het, geklop om die Saoedi-Arabiese Grand Prix te wen. Fernando Alonso in sy Aston Martin het derde klaargemaak, maar aanvanklik vierde geplaas nadat hy ná die wedren met 10 sekondes gestraf is. Sy span se appèl teen die boete het egter geslaag en hy het sy derde plek behou. Lewis Hamilton het ‘n vyfde plek vir Mercedes behaal met sy spanmaat George Russell vierde. Perez sê die wedren was moeiliker as wat verwag is: